SA Vryskutskrywer is gebore uit ‘n behoefte vir en leemte aan hulpmiddels en ondersteuning, asook ‘n tekort aan ‘n wye verskeidenheid aanlyn-skryfkursusse vir die duisende Afrikaanse vryskutskrywers hier en in die buiteland.
Met die groeiende aanvraag na goeie Afrikaanse skryfwerk in alle genres, gekoppel aan die feit dat ál meer joernaliste weens afleggings in die vryskutpoel beland, is SA Vryskutskrywer daarop gemik om almal by te staan – of jy nou al vir jare in die bedryf is of net begin.
Besoek SA Vryskutskrywer se webblad vir inligting oor ALLES wat met Afrikaanse skryfwerk – en veral vryskut – te doen het.