5 Stappe om aan die skryf te kom … en te bly

11/02/2015

Of dit nou ‘n skooltaak, artikel, kortverhaal of roman is … almal moet een of ander tyd iets skryf. Vir baie mense is skryf dikwels ‘n prob881077typeit-main_Fullleem want dis tydrowend, veeleisend en dikwels onbevredigend. En laat ons nou maar eerlik wees: dis ook regtig moeilik. Die probleem lê egter daarin dat die meeste mense nie ophou om te dink hóé hulle moet skryf nie. Dit behoort nie so te wees nie, want alles in die lewe bestaan uit formules – skryf ook. Net soos daar formules is om wiskundige probleme op te los is daar formules om enigiets te skryf. En dit maak die taak soveel makliker.

Miskien is die moeilikste deel van skryf bloot om te begin. Die eerste paar stappe – om ‘n konsep te kry en die stuk deeglik te beplan – is gewoonlik nie die maklikste deel van jou skryfwerk nie en dis dalk waarom baie mense dit probeer vermy. Kom ons kyk dus na vyf wenke wat jou kan help om vinniger en makliker aan die skryf te kom – en te bly.

1240848155298205944thatsmyboy_Simple_Red_Checkmark.svg.thumbWenk 1.  Besluit wat jy wil skryf.

Vanselfsprekend is die eerste stap in die skryfproses om te besluit wat jy wil skryf. Ontleed jou taak tot in die fynste besonderhede. Dit sal jou help om ‘n “bloudruk” saam te stel van wat presies jou skryftaak gaan en moet wees. Probeer om notas oor die begin, middel en einde saam te stel sodat jy presies weet watter inligting waar hoort wanneer jy begin skryf.

1240848155298205944thatsmyboy_Simple_Red_Checkmark.svg.thumbWenk 2. Besluit hoe lank jy wil skryf.

Hoe lank is die skryfstuk wat jy moet skryf? ‘n Artikel of kortverhaal van 1,500 woorde? ‘n Skoolopstel van 250 woorde? Of ‘n roman met ‘n allemintige 100,000 of meer woordperk? Wanneer jy in jou gedagtes ‘n rowwe raamwerk het van die lengte van jou skryfstuk, raak die taak op hande meer doenbaar omdat jy bewus is van die omvang van die taak. Dié wete help dus om jou gedagtes te fokus op presies wat jy nodig het om jou doelwit te bereik.

1240848155298205944thatsmyboy_Simple_Red_Checkmark.svg.thumbWenk 3. Stel belang in wat jy skryf.

Maak seker dat jy belangstel in dít wat jy skryf. As jy nie geïnteresseerd is in die onderwerp nie, sal dit beslis in jou skryfwerk wys. Sorg ook dat enige opdragskryfwerk ‘n element bevat wat jou interesseer en fokus daarop. Om net iets klaar te skryf omdat jy dit móét skryf, gaan jou heelwat langer neem om te voltooi want jy sal jouself sal moet dwing omdat jy nie werklik in die taak belangstel nie.

1240848155298205944thatsmyboy_Simple_Red_Checkmark.svg.thumbWenk 4: Konsentreer op wat jy skryf.

Om die konsep van ‘n skryfstuk uitgewerk te kry is gewoonlik die moeilikste deel van die hele skryfproses. Terwyl jy dus besig is om aan jou konsep te werk, is dit wenslik dat jy vir ‘n ruk van al jou ander verpligtinge vergeet en slegs op jou skryfwerk konsentreer. Ignoreer jou selfoonboodskappe, die sosiale netwerke en selfs jou e-posse. Enige onderbreking in jou konsentrasie kan jou fokus verskuif en dan is dit baie moeilik om weer die draad van jou gedagtes te kry. Probeer dus minstens ‘n uur opsy sit om te skryf sonder enige onderbrekings van iets of iemand.

1240848155298205944thatsmyboy_Simple_Red_Checkmark.svg.thumbWenk 5: Verlaag jou standaarde.

Skrywersblok  ontstaan as gevolg van ‘n skrywer se onrealistiese verwagtinge van homself en sy skryfwerk. Dikwels verwag jy van jouself dat elke woord wat jy neerpen, perfek moet wees en ideaal in die teks inpas. Dis onmoontlik. Hou dus op om jouself uit te mergel om elke enkele woord perfek te kry. Dit gaan nie gebeur nie want buitendien is geen skryfwerk afgehandel tensy dit minstens VYF keer geredigeer is nie.

Maar nou moet jy natuurlik ook daarteen waak om elke keer jou skryfwerk oor te skryf wanneer jy dit redigeer. Daar is nie iets soos ‘n perfekte stuk skryfwerk nie. Elke keer as jy jou eie werk deurlees, sien jy iets wat jy kon verander het. Maak dus vrede daarmee dat dit ook van jou gemoed afhang of jou werk op daardie tydstip vir jou volmaak is. Vandag is jou werk dalk vir jou onbevredigend, maar môre is jou gemoedstoestand heelwat anders en dan dink jy dis nou wraggies ‘n goeie stukkie werk!

Die belangrikste aspek is net om te begin skryf en aan te hou totdat jy klaar is.

Het van hierdie artikel gehou? Waarom deel jy dit nie met jou vriende nie?


%d bloggers like this: