Maak 2017 jou beste jaar ooit – in 5 maklike stappe

Wie droom nie op Nuwejaarsdag daarvan om ‘n onverbeterlike jaar te beleef nie? Soveel so dat, wanneer 31 Desember weer aan die deur kom klop, jy met ‘n oop gemoed kan sê: ‘Dit was my beste jaar nóg’. Wel, raai wat? Dis moontlik! En hier’s waarom …

1. Geluk en voorspoed is binne elkeen van ons se bereik. Elke mens het ‘n stel waardes waarvolgens hulle leef. Jy moet jouself net oopstel om ontvanklik te wees vir moontlikhede. Gryp alle geleenthede aan asof dit die laaste kans is wat jy gaan kry.sukses

2. Raak ontslae van negatiwiteit. Negatiwiteit is ‘n newe-produk van onrealistiese verwagtinge en veroorsaak meermale dat ‘n mens jou humeur verloor. En as jy onrealisties is, is jy ongelukkig. Al wat jy dan moet doen om die ewewig weer te herstel, is om jou verwagtinge aan te pas by waaroor die lewe eintlik handel.

3. Moenie oorweldig raak nie. Die meeste mense voel deesdae oorweldig deur alles wat hulle moet doen en waarby hulle nie uitkom nie. Dis normaal, maar moenie jouself in die proses verloor nie. Bly gefokus en vind uit wat die mense om jou nodig het. Gee hulle wat hulle benodig, maar hou ‘n deel van jou tyd en energie vir jouself.

4. Sukses is ‘n leefwyse. Die kuns lê daarin om te prioritiseer. Dis onmoontlik om alles self te doen wat ‘n mens in jou leeftyd wíl doen en jy kan nie jou drome sonder die hulp van ander mense verwesenlik nie.

5. Breek deur jou selfopgelegde limiete. Droom en droom groot, maar werk daaraan om daardie drome te verwesenlik. Moenie met die eerste struikelblok opgee nie. As iets die eerste keer nie werk nie, wel …, raai wat? Daar is altyd ‘n ander manier. Jy moet net aanhou soek. Deur altyd jou beste te lewer en slim te werk te gaan, sal jy jou lewensideale verwesenlik en jou beste lewe – én jaar – óóit beleef.

In ‘n neutedop: wenke vir sukses:

1240848155298205944thatsmyboy_Simple_Red_Checkmark.svg.thumbPrioritiseer

1240848155298205944thatsmyboy_Simple_Red_Checkmark.svg.thumbFokus daarop om realistiese verwagtinge te hê

1240848155298205944thatsmyboy_Simple_Red_Checkmark.svg.thumbWees dankbaar vir alles

1240848155298205944thatsmyboy_Simple_Red_Checkmark.svg.thumbDelegeer ondergeskikte take

1240848155298205944thatsmyboy_Simple_Red_Checkmark.svg.thumbMoet nooit jou passie vir die lewe en jou werk verloor nie

1240848155298205944thatsmyboy_Simple_Red_Checkmark.svg.thumb Dra positief by tot iemand anders se lewe

1240848155298205944thatsmyboy_Simple_Red_Checkmark.svg.thumbGryp alle geleenthede ten volle aan

 

Deel gerus hierdie skrywe met jou vriende as jy dit nuttig gevind het.

Advertisements

Die kommentaar is gesluit.

%d bloggers like this: